Welcome

I’m Morne and welcome to my blog, or rather my attempt for a blog. This blog will contain all sort of jokes … Hopefully you will enjoy most of them and please feel free to comment and even forward me some of your jokes!

Morries Google Search

Friday, July 23, 2010

Boer in ongeluk

‘n Boer, Piet was in 'n motor ongeluk.

In die hof , is die vervoermaatskappy se hot shot prokureur besig om hom te
ondervra:
Het jy, op die ongelukstoneel, gesê: "Ek's orraait!" vra die prokureur.

Piet: "Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunsteling koei,
Bessie, op die sleepwa gelaai en......"


Die Prokureur val hom in die rede: "Ek vra nie vir detail nie, antwoord
netdie vraag.

Het jy, op die ongelukstoneel gesê: "Eks orraait!" Ja of Nee?"

Piet: "Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa gehad en ek was skaars op
die pad......"

Die Prokureur val hom weer in die rede en sê aan die regter:

"Edelagbare, ek probeer net die feit vasstel, dat hierdie man, by die
ongelukstoneel, aan die verkeersman gesê het dat hy oraait is.

Nou probeer hy my kliënt dagvaar. Ek glo vas hy is 'n bedrieër. Sê asb vir
hom hy moet net die vraag beantwoord."

Teen hierdie tyd is die regter al redelik geïnteresseerd in Piet se
storieoor Bessie, en sê vir die prokureur:

"Ek wil graag sy storie oor die koeihoor".Ou Piet bedank die regter en gaan
voort met sy storie.

"Wel, soos ek gesêhet, ek het net vir Bessie op die sleepwa gelaai en was op
die pad toe daar skielik 'n moerse trok van die kant af kom, 'n stopstraat
skip en my bakkie en sleepwa in hulle moer in ry.

Ek is eenkant toe gegooi in 'n sloot en Bessie anderkant toe in 'n ander
sloot.

Ek was seer, nogal erg seer en wou nie beweeg nie. In elk geval, ek het toe
vir Bessie gehoor kerm en ek het geweet sy is in erge pyn, net deur te
luister na haar kreune.

Nou, net na die ongeluk, kom daar 'n spietkop op die toneel aan en hy het
ook Bessie se gekerm gehoor, so hy het toe nader aan haar gegaan.

Nadat hy na haar gekykhet en die toestand gesien het waarin sy was, het hy
sy pistol uitgetrek en haar tussen die oë geskiet."

Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, sy pistool nog steeds in sy
hand, en hy vra: "Hoe voel jy?"

"Nou vertel vir my, meneer prokureur, wat de F...K sou jy vir hom gesê het?"

No comments:

Post a Comment