Welcome

I’m Morne and welcome to my blog, or rather my attempt for a blog. This blog will contain all sort of jokes … Hopefully you will enjoy most of them and please feel free to comment and even forward me some of your jokes!

Morries Google Search

Monday, January 31, 2011

Ghout!!!!!!!!!!!


Ai, niks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moeë Kapenaar met 'n
vis-en-hoenderdieet as 'n langnaweek in die Karoo of Vrystaat nie. Die
oggend, middag en aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die
vakansiebaarde, dis 'n geil besigheid man, geil sê ek jou, geil. Jou
beker loop oor. Soggens is dit skaapniertjies, middae skaaptjops en
saans ietsie kleins soos 'n steak of varkboudjie. Hier beteken 'n
gebalanseerde dieet 'n tjop in elke hand. Tussendeur word daar aan
springbokbiltong of geelvet beesbiltong gekou om die kieste in oefening
te hou. Soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.
 
Die terugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel
en weggepraat maar vader tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit
wees. Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met
skaapboud-toebroodjies, biltong en droëwors vir padkos. Voetslepend en
klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte word die
familie gegroet. Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die
N1 vat terug Kaap toe.
 
Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop, Hanover, Spietkop, Richmond,
Kamera flits die dorpe verby. Drie Susters... amper halfpad en die
Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Ai, as ons maar al
die skapies langs die pad kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle
weet nie wat hulle mis nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoender is
mos die nasionale voël van die Wes-Kaap. Na Drie Susters kom ek agter
daar is fout. Groooooot fout!!!! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet
my regterenkel binne. Dit moet 'n beroerte wees!!! Ek sweer dis 'n
hartaanval... my hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien 'n
voetaanval, bosluisvoet of slangvoet?
 
Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder
of pa krismis gaan haal. Liefie wil weet of ek koors het. "Bel die
dokter" is al wat ek uitkry terwyl ek stotterend asem probeer kry en my
lewe by my verbyflits. Ek trap die petrol dieper in met my linkervoet
terwyl trane saggies oor my wange rol. Hoekom is die Kaap so vêr??
 
Vroulief bel die dokter wakker uit sy Sondagmiddagslapie. Dis NOOD
broer. Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra
hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugbybeserings is in
die regtervoet. Dan 'n lang stilte. Ons albei verwag die ergste en ek ry
stadiger om die skok beter te absorbeer. "Nee" sê Dok, "as dit so pyn en
die pyn daar is en julle die en daai geëet het, daar geen koors is nie,
die pyn nie "loop" nie, dan lyk dit na ghout."
 
"Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir kinders vir karsiek?"
Dankie tog, dink ek, ons is al by die merrikasie, ons vorder. "O,
setpille" hoor ek vroulief sê. "Hy moet ten minste 100mg inkry". "Maar
ek het net 15 en 20mg pilletjies" hoor ek vroutjie sê terwyl ek hard
dink hoe ek die klomp pille in my gat gaan opkry. Synde Dok op
"loudspeaker" is, kan ek darem self in my toestand uitwerk hoeveel keer
gaan ek die prosedure moet doen. Toe Dok aflui staan ek dadelik vas - my
hol is 'n "one-way" en ek het ook 'n binneste - "Sal wag tot op
Beaufort-Wes, daar behoort 'n noodapteek te wees" sê ek kortaf en handel
daarmee die gesprek af ter wille van die kinders.
 
Op Beaufort-Wes is 'n noodapteek so skaars soos reën.. Niks oop op 'n
Sondagaand nie. "Druk maar deur Kaap toe" kners ek tussen my tande uit.
Ek sit nou al kaalvoet met die lugreëling vol oop op my voet. Vroulief
maak die kinders en haarself onder kombersies toe maar sê eerder niks
nie. Ek wil my voet vries sodat ek hom kan afbreek en in die kar se boot
terug Kaap toe ry. 'n Man het sy trots en ek is geen hoender wat klein
pilletjies agterstevoorom pik nie.
 
Op Leeu Gamka is al my manlikheid moer toe - alles is wit van die pyn.
 
"Vrou gee maar - dit is nou of nooit, en ek "nou" liewer as "nooit".
 
Vroulief fynkam haar "toolbox" en kom met die fantastiese nuus - "Hiers
nog 'n 100mg setpil". Dankie tog. Elke pyn het sy eie gewig. My pyn voel
baie swaarder as 100mg maar met pilletjie in die hand bestorm, of was
dit nou bekruip of huppel ek na die plek van verligting by die Ultra
City. Hierdie ding moet net werk, dink ek by myself en probeer moed skep
en myself opwerk en motiveer vir dit wat voorlê.
 
Ek worstel en sweet, maar ek weet hy MOET in, my moed gaan dit nie 'n
tweede keer maak nie. Dit voel vir my of ek die "bulls eye" van 'n
dartboard van die agterkant af op een been moet kry terwyl ek die ander
mense in die kleedkamer met fyn en sagte kreungeluidjies vermaak. Die
ding voel soos 'n pynappel.
 
Na dit vir my gevoel het soos ure se gesukkel is ek terug kar toe en
ons vat die pad verder Kaap toe. Die kinders wil weet hoekom pa se oë so
groot is en of ek vir hulle Rooikappie en Wolf gaan opvoer om die pad om
te kry. Niemand sê verder iets nie en tot vroulief bly tjoepstil, sy
weet wanneer vraetyd verby is. Dit is so stil in die kar dat die kinders
snoesig aan die slaap raak. Ek sit nogsteeds met my pyn en trap die
petrol al hoe dieper om in die Kaap te kom. My voet pyn en my hol brand
soos 'n koeëlwond. Ek voel vuil, soos iemand wat verkrag is en die
gebeure in die toilette op Leeu Gamka is vir ewig in my geheue
ingeprent. Wonder of ek nie 'n sielkundige moet gaan sien as die pyn
eers weg is nie?
 
By Laingsburg probeer vroutjie 'n geselsie. "Voel jy al beter, Skat?"
"NEE, fok maar dis 'n skerp pil daai." Ek is sommer die moer in vir als
wat wit jasse dra. "Wat bedoel jy met 'n skerp pil?" wil vroulief weet.
"Daar is dan blêrriealluminium om die pil man. Ek moes die pil omtrent
pannelbeat om die meeste van die skerp kante plat te kry. As ek die ding
net so in my hol gedruk het sou ek my teen die tyd al inwendig
doodgebloei het" verduidelik ek.
 
Die volgende oomblik smaak dit vir my vroulief het as
selfmoordbomplanter by Elkaida gekwalifiseer. Sy ontplof dat die kinders
se lyfies so ruk en hulle met hulle handjies bokant hulle koppe gryp in
hulle slaap. Ek het haar laas so hoor lag toe sy gehoor het van haar
eerste swangerskap. Sy sien die moerse vraagteken op my voorkop en sy
bulder dit uit: " JY MOES DIE ALLUMINIUM AFHAAL JOU POEPOL!!!!!!!!!" Met
die trek sy haar selfoon nader en ek weet die kak word nou weer vir al
haar vriendinne vertel. Dat die verskriklikste pyn in my voet en 'n
brandpyn in my gat nou vir iemand so snaaks kan wees.
 
Ek moes myself verdedig. "Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens
breek mos nie 'n kapsule oop nie, netnou vergiftig jy jouself met 'n
oordosis, die besigheid moet mos stadig mens se sisteem bekruip." My
manlikheid en intelek is daarmee heen. Die hele wêreld gaan dit ook nou
weet. Vroulief mishandel behoorlik die selfoontjie om die nuus oor die
heelal te versprei terwyl sy saggies, amper geheimsinng giggel en
geluidjies van plesier maak. Ek kry simpatie met mans wat hulle vrouens
moer.
 
Dok is natuurlik die eerste om van my ongelukkie te hoor. Hy kan sommer
my lyding oor die internet uitblaker en die eer kry vir die beste
mediese joke van die maand. Dokters is almal etters. Geen setpil sal
ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan ek die wêreld weer in die oë kyk?
Gaan ek ooit herstel van my ure van lyding en vernedering in die
toilette op Leeu Gamka? Ek raak hartseer en verlang terug na die tere
liefde en simpatie van my moeder.
 
Volgende oggend is ek natuurlik 'n "celeb" by die werk. Almal wil net
bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil weet of ek nou 'n
"stainless steel silencer" het. Ha ha ha - lag vir jou gat man! Ek wens
julle kry die pyn wat ek in my voet gehad het in julle "silencers", dan
praat ons weer. Klomp ape!!!
 
Ek weet nou nog nie of die setpil gewerk het nie. Ek sal moet wag tot
al die aluminium "corode" het.

Tuesday, January 25, 2011

TECHNICAL SUPPORT!!

Dear Tech Support,

Last year I upgraded from Boyfriend to Husband and noticed a distinct slowdown in overall system performance, particularly in the flower and jewellery applications, which operated flawlessly under Boyfriend.
In addition, Husband uninstalled many other valuable programmes, such as Romance and Personal Attention and then installed undesirable programs such as Rugby, Football, Sailing and Continuous TV. Conversation no longer runs, and Housecleaning simply crashes the system. I've tried running Nagging to fix these problems, but to no avail.

What can I do?

Signed, Desperate
 .........................................................................................

Dear Desperate,

First keep in mind, Boyfriend is an Entertainment Package, while Husband is an Operating System. Please enter the command: 'http: I Thought You Loved Me.html' and try to download Tears.
Don't forget to install the Guilt update. If that application works as designed, Husband should then automatically run the applications Jewellery and Flowers, but remember - overuse of the above application can cause Husband to default to Grumpy Silence, Garden Shed or Beer. Beer is a very bad program that will download the Snoring Loudly Beta.

Whatever you do, DO NOT install Mother-in-law (it runs a virus in the background that will eventually seize control of all your system resources). Also, do not attempt to reinstall the Boyfriend program. These are unsupported applications and will crash Husband.

In summary, Husband is a great system, but it does have limited memory and cannot learn new applications quickly. It also tends to work better running one task at a time. You might consider buying additional software to improve memory and performance. We recommend Food and Hot Lingerie.

Good Luck,
Tech Support

Monday, January 24, 2011

TRAPPE VAN VERGELYKING!!

 
1.         Mal ... !
 
 

2.         Maller .... !  
 



3.